Hi Salome!Ons kan net vir julle baie dankie sê vir die pragtige DVD wat julle gemaak het van Louise en Davlyne se troue op 5 Des’09.
Ek het net verlede week weer daarna gekyk. Alles is so mooi gedoen!  Die menu maak dit so maklik om te kies waarna jy wil kyk.

Die musiek is ook fantasties, elke liedjie pas so mooi by die beeld. Die spesiale effekte maak dit ook baie spesiaal. Julle het ook al die gaste afgeneem en soos mens weer daarna kyk, sien mens  detail wat jy al vergeet het.

Dis regtig ‘n waardevolle herinnering wat julle so mooi vir ons verewig het! Ons sal julle enige tyd  aanbeveel. Julle is regtig baie professioneel en die kwaliteit van die DVD is puik!

Baie dankie

Lourens en Mariëtte (ouers)