Hallo Jan & Salome

Baie baie dankie vir die ongelooflik mooi dvd’s en professionele

diens wat ons van julle ontvang het.  Julle het sowaar ons mooiste dag vir ewig op film vasgele en daarmee gemaak dat ons dit vir altyd sal kan onthou.

 So baie van die detail kon ons self nie eers op die dag alles inneem nie en julle het vir ons daardie klein dingetjies so mooi vasgevang en dit boonop vol liefde, hart en deurnis.
 De Wet en ek kan albei nie uitgepraat raak oor julle profesionele diens en uitmuntende kwaliteit produk nie.  Ook was dit ‘n plesier om julle by ons dag te kon he en ons het nooit daardie paparazzi gevoel gekry wat ek al by ander troues opgemerk het nie.  Julle is puik en ons sal julle met die grootste plesier aanbeveel.
Mag julle ‘n geseende 2013 beleef vol van die Here se vreugde en liefde en seen.
Vriendelike groete
Marike du Buson